Share This Post

10 koöperatiewe leerstrategieë (en apps wat handig is daarvoor)

10 koöperatiewe leerstrategieë (en apps wat handig is daarvoor)

Hierdie week deel ons weer ‘n artikel wat deur Neill Jarret van EDTECH4BEGINNERS geskryf is. Neill is ‘n klasonderwyser in Sjina en sy blog help duisende onnies met idees vir tegnologie in die klaskamer. Dankie, Neill dat ons dit mag deel!


Dr Spencer Kagan is ‘n bekende opvoeder wat die manier waarop die wêreld onderrig het, verander het. Hy is hoofsaaklik bekend vir sy werk oor koöperatiewe leerstrategieë (dikwels word dit na verwys as Kagan-leerstrukture).

In plaas van didaktiese onderrig, waarin ‘n onderwyser voor ‘n klas staan en inligting aan die klas vertel, het Kagan gedink dat daar meer effektiewe metodes was.

Kyk na hierdie uitstekende video, vir ‘n nuttige oorsig van die Kagan-benadering:

Deur die aanneming van Kagan se benadering het navorsing getoon dat die volgende baie verbeter:

  • Spanbou
  • Sosiale vaardighede
  • Kommunikasie vaardighede
  • Kennisbou
  • Besluitneming
  • Verwerking van inligting
  • Dinkvaardighede
  • Aanbieding van inligting

Hier onder is Neill Jarrett se gunsteling koöperatiewe leerstrategieë:

Ten slotte kan hierdie apps die Kagan-benadering werklik ondersteun:

  1. Todays Meet –  ‘n Klaskamer kletskamer wat besprekings aanlyn moontlik maak.
  2. Google Docs –  Werk maklik saam aan projekte.
  3. Sound recorders – Uitstekend vir eweknie-evaluering en lesrefleksie.
  4. Padlet –  ‘n digitale ‘muur’ waarop idees en werk gedeel kan word.
  5. QR Codes – ‘n Maklike manier om inligting te versprei.

ONNIES ONLINE SE EKSTRA KAGAN-RAAD:

Toe ek nog vir graadsewes skoolgehou het, het ek gesukkel om ‘n manier te vind om die leerders te skuif sodat hulle lekker kan saamwerk. Kagan het ook ‘n oplossing hiervoor. Die sogenaamde “Kagan-viere” van leerders opdeel.

Daar is vier “tipe” leerders wat by elke groep van vier tafels sit.

  • BLOU 1 = Middelvermoë hoog.
  • ROOI 2 = Laer vermoë.
  • GEEL 3 = Middelvermoë laag.
  • GROEN 4 = Hoë vermoë.

Foto: Yorkplace

Die truuk is om dan seker te maak dat die leerders met ‘n te groot gaping in vermoë nie saam met mekaar werk nie. Om daardie rede is daar “face partners” en “shoulder partners”; leerders werk altyd saam met die persoon wat óf langsaan hulle sit, óf voor hulle sit.  My klasse met hierdie indeling het altyd soveel beter saamgewerk. Wanneer jy hierdie metode gebruik, kan jy mos altyd ook sien watter belhamels nie by dieselfde tafels hoort nie en jy kan BLOU 1 met ‘n ander BLOU 1 ruil, ens.

Hoop julle kan dit gebruik!

Lees die oorspronklike artikel

Like Neill se blad op Facebook

Lees verder:

Adverteer onderwysposte / vind jou droompos!

Quizpedia: Laat leerders hul eie vasvrae ontwerp!

6 Memes wat net onnies sal verstaan

Maklike DIY vir ingenieurtjies in jou klas – STE(A)M

Quizlet: Maak digitale flitskaarte!

Idees vir poësie-maand

5 Wenke vir beter klaskamerbestuur

Idees: Maak jou eie leeshulpmiddel!

Idees: Maak stil snoesies!

Inspirasie: Maak jy ‘n verskil?

Inspirasie: Hoe om ‘n gebroke skool heel te maak

Digitale Media in die Afrikaansklas

Afrikaanse hulpmiddels

Share This Post

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.